gather all your treasures in heaven... in order to guarantee your riches... forever.
It does not pay much to work for God on this earth... but the pension is out of this world!. Heaven is the finish line... the ultimate prize. The God of all the ages will be there... and I want to go.
Gedagtes...
In die laaste “wees stil en weet” dae was ons reeds besig om te skei.
Jesus het aangedring, Die voorbereiding moet begin,en Hy wou haar kry.
Ons gebede klink onverhoor as ons volgens hartbegeerte smeek en kla
vir totale heelmaak, vir nog tyd, dit was al wat ons vra....?
Maar dis verhoor, totaal heelgemaak dit weet ons nou..
Sonder pyn, las of traan staan ’n hemelse vrou
Aangemeld tot ons weer sien, ons weet dit is gou
Die lieflike tuine en menigte sale is keurig voorberei en kant en klaar
Want pa het dit 20 jaar gelede begin, hy is mos lankal daar.
Die vure brand hoog, die potte blink, tafels is gereed en blom besaai
Die kokke kom van oral aan om te kook te bak en braai.
Vir die feesmaal lank gelede reeds beloof
Deur koning Jesus, die gasheer en ons Hoof
Vooraan die kokke linie, ’n vrou wat ‘n pot aandra,
En ek vra vir Hom...Liewe Here, dit is mos my ma?
